Sondag 7 Mei 2023
MP3•Αρχική οθόνη επεισοδίου
Manage episode 362718052 series 2644201
Το περιεχόμενο παρέχεται από το Gereformeerde kerk Bergbron. Όλο το περιεχόμενο podcast, συμπεριλαμβανομένων των επεισοδίων, των γραφικών και των περιγραφών podcast, μεταφορτώνεται και παρέχεται απευθείας από τον Gereformeerde kerk Bergbron ή τον συνεργάτη της πλατφόρμας podcast. Εάν πιστεύετε ότι κάποιος χρησιμοποιεί το έργο σας που προστατεύεται από πνευματικά δικαιώματα χωρίς την άδειά σας, μπορείτε να ακολουθήσετε τη διαδικασία που περιγράφεται εδώ https://el.player.fm/legal.
Lees: Sag 3:1-10 (AFR53).
Fokus: Sag 3:7.
God vra reaksie op sy vryspraak in Jesus Christus.
- God verklaar Josua regverdig en klee hom met geregtigheid want Josua se naam beteken: die Here (Jahweh) verlos. Met Jesus se offer aan die kruis het die Here verlossing gebring en is hierdie gesig van Sagaria vervul.
- Deur ons te roep om in sy weë te wandel en aan Hom gehoorsaam te wees, roep die Here ons eenvoudig om ons vryspraak en identiteit in Christus prakties uit te leef.
- Alles wat ons nou hier beleef op aarde wil God gebruik om ons voor te berei op die ewigheid saam met Hom. Maar dan moet ek reageer op die volkome vryspraak in Jesus en my siel (denke, emosies en begeertes) totaal oorgee aan Hom.
- Dit is uiters noodsaaklik dat ons sal onderskei tussen Satan se beskuldigings en die Heilige Gees se oortuiging van sonde.
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
- Hoekom bestraf die Here vir Satan oor sy aanklagte?
- Waarop is die Here se oproep in Sag 3:7 gemik?
- Wat is die verskil tussen die droefheid agv Satan se beskuldigings en die droefheid agv die Heilige Gees se oortuiging van sonde (vgl 2 Kor 7:9,10)?
292 επεισόδια